Duisende mense het Woensdag aan die DA se Power To The People-optog teen voortslepende beurtkrag deelgeneem.
In Kaapstad is daar na Constitution House in Adderleystraat opgeruk, terwyl kleiner betogings ook in ander dele van die land gehou is.
Die grootste optog is in die Goudstad gehou, waar 'n groot skare DA-ondersteuners na Luthuli-huis opgeruk het.