DStv Channel 403 Tuesday, 30 April 2024

“Daar gaan nooit weer 'n mens soos Peter Veldsman wees nie”

Die bekroonde koslegende, Peter Veldsman, is in die ouderdom van 82 in ’n hospitaal op Worcester in die Wes-Kaap oorlede.

Die oorsaak van sy dood is nie bekend nie, en Veldsman het glo geliefdes gevra om nie sy persoonlike mediese inligting te deel nie.

Hy was 16 jaar lank die kosredakteur van die tydskrif Sarie, en ook die eienaar van die restaurant Emily's in die V & A Waterfront in Kaapstad.

Hy het ook verskeie kookboeke uitgegee.

Veldsman word onthou as 'n ikoon met onvervangbare kennis.

Paid Content