Kaapstad, Wes-Kaap - Die herwinning van water is noodsaaklik om te verseker dat lande genoeg van hierdie onontbeerlike hulpbron het.
Afgevaardigdes van 54 lande neem vandeesweek deel aan die 14de internasionale konferensie oor waterherwinning en herverbruik.
Die herverbruik van water behels dat afvalwater deur gevorderde tegnologie gesuiwer word om aan plaaslike en internasionale standaarde vir drinkwater te voldoen.