Afrikaanse lesers se koerant-droogte is vandeesweek gebreek.
Die Papier se eerste oplaag van 40 000 is landwyd versprei.
Die weeklikse koerant word deur Novus Media gepubliseer, wat ook die tydskrif Rooi Rose en verskeie gemeenskapskoerante uitgee.
Beeld se laaste redakteur, Barnard Beukman, lei die redaksie.