'n Plaaslike biotegnologie-laboratorium is daarop gefokus om die kloof te oorbrug tussen navorsing oor biotegnologie en die kommersiële aanwending daarvan.
By LaunchLab CERIBIO kry entrepreneurs blootstelling aan bekostigbare wêreldklas laboratorium-spasie waar hulle hul biotegnologie-uitvindsels op die proef kan stel.
Die laboratorium gaan bedryf word in samewerking met die Universiteit Stellenbosch se afdeling vir Innovasie en Kommersialisering.