KAAPSTAD - Meer as 6 000 mense is gedurende die eerste drie maande van 2023 vermoor.
Die minister van polisie, Bheki Cele, het die jongste misdaadsyfers Dinsdag in Kaapstad bekend gemaak.
Dit toon dat geweldsmisdaad steeds toeneem, met drie mense wat bykans elke uur in Suid-Afrika vermoor word.
Cele sê polisieteenwoordigheid gaan nou oor naweke verskerp word.
R70 miljoen gaan ook beskikbaar gestel word om gemeenskapspolisiëringsforums by te staan.