DStv Channel 403 Friday, 19 April 2024

Druk op kinders op die sportveld by gala-aand bespreek

Sommige kinders kan verbode middels soos steroïde begin gebruik, terwyl ander dalk hulle tekkies vir altyd wil bêre.

CENTURION, GAUTENG - Sport is een van die beste maniere waarmee kinders van stres ontslae kan raak, maar wanneer daar te veel druk is om op die sportveld te presteer, kan dit juis die teenoorgestelde uitwerking hê.

Rugbykenners het dié kwessie by die Tekkies en Toks gala-aand bespreek.

Die Tekkies en Toks-projek is deur Solidariteit Helpende Hand en die VlokSkop-stigting begin om sportskoene aan leerlinge te skenk wat dit nie kan bekostig nie.

Paid Content