DStv Channel 403 Tuesday, 23 April 2024

Duisende staatsamptenare staak vir beter salarisse

Die Vereniging van Staatsamptenare dring aan op ’n salarisverhoging van 10%.

Pretoria, 10 November - Staatsdienswerkers het president Cyril Ramaphosa 'n ultimatum van sewe dae gegee om aan hul eise vir salarisverhogings gehoor te gee.

Die Vereniging van Staatsamptenare dreig om andersins onbepaald met protesoptrede voort te gaan.

Duisende lede van die vereniging het Donderdag landwyd gestaak nadat salarisonderhandelinge met die regering misluk het.

Hulle meen die regering se aanbod, wat ver onder die inflasiekoers is, is 'n klap in die gesig.

Paid Content