Inwoners van Saldanha sê die toename in dwelmmisbruik blaas misdaad in dié Wes-Kaapse dorp aan.
Dit terwyl die verhoor van die drie beskuldigdes wat aangekla word in verband met die verdwyning van die sesjarige Joshlin Smith Woensdag voortgesit is.
Een van die beskuldigdes, Jacquin Apollis, het openlik erken dat hy besig was om dwelms saam met sy twee medebeskuldigdes, Joshlin se ma Kelly, en hul vriend Steveno van Rhyn, te gebruik op die dag toe die dogtertjie vermis geraak het.
Die drie beskuldigdes het onskuldig gepleit op aanklagte van mensehandel.