Johannesburg, Gauteng - Die Stad Johannesburg is uiteindelik weer in lesers se goeie boekies.
Die metro se hoofbiblioteek, in die stadskern, is vyf jaar gelede tydens die Covid-19-pandemie gesluit.
Dit aanvanklik weens inperkingregulasies, maar later vanweë bekommernis oor veiligheid.
Na verskeie belangegroepe druk op die munisipaliteit gesit het, het die biblioteek nou gedeeltelik heropen.