Eerste Woordmeesters-stryd op Taaldag toets kennis oor allegaartjies en karmenaadjies

Taalfundi's en woordvrate het Taaldag gevier met kopkrappers oor Afrikaanse spelreëls en idiome.

Die eerste Woordmeesterskompetisie is deur Akademia saam met die Virtuele Instituut vir Afrikaans in Centurion aangebied.

Deelnemers moes vrae aanlyn antwoord om die finale rondte te haal.

Uit honderde deelnemers het nege deurgedring om sake uit te spook in die kategorieë vir skoliere, studente en die algemene publiek.

You May Also Like