Eersterust, Gauteng - Inwoners van Eersterust is siek en sat vir die hoë misdaadvlakke en swak dienslewering wat nie getakel word nie.
'n Gemeenskapslid, Naylan Smith, is onlangs in 'n kaping buite sy huis dood.
Die gemeenskap sê stukkende straatligte maak dit maklik vir boosdoeners om misdaad te pleeg.