Egpaar oor angsnag op hoewe: “Ek kon hoor hoe kom hulle”

Die gemeenskap van Kameeldrift, noord-oos van, Pretoria steier ná verskeie aanvalle op kleinhoewes die afgelope drie maande.

In die mees onlangse voorval is 'n pa van drie, Chappies Strydom, Maandag in die vroeë oggendure doodgeskiet.

Dis skaars dae nadat die bejaarde Mossie Mostert deur aanvallers aangerand en later in die hospitaal dood is.

In Junie is 'n vrou vermoor en nog 'n egpaar is op hulle hoewe oorval.

Die Hurters was vandeesweek besig om hulle huis op te pak, en het eksklusief die ervaring van hulle angsnag met eNuus se Eugenie Gregan gedeel.

You May Also Like