Emily Hobhouse se laaste tog herskep

'n Eeu gelede het 20 000 mense Emily Hobhouse tydens 'n staatsbegrafnis by die Vrouemonument in Bloemfontein gegroet.
Vandag het talle Suid-Afrikaners die geleentheid gekry om haar laaste tog as't ware te beleef, tydens 'n herskepping van die merkwaardige geleentheid.
Hobhouse was 'n pasifis, humanis en aktivis wat tydens die Anglo-Boereoorlog die haglike omstandighede van vroue en kinders in die Britse konsentrasiekampe aan die lig gebring het.
Sy is in 1926 in Engeland oorlede, waarna haar as na Suid-Afrika gebring is en by die monument geplaas is.
Eugenie Gregan het die geleentheid bygewoon.

You May Also Like