Net meer as 30% van die koste van die vloedskade in die Krugerwildtuin kan by versekering teruggeëis word. Daarom hoop Sanparke om 'n groot deel van die beraamde R670-miljoen deur middel van skenkings aan 'n hulpfonds in te samel.
eNuus se Eugenie Gregan het die skade aan infrastruktuur vanuit die lug gaan bekyk. Donateurs kan Sanparke se webwerf besoek vir meer besonderhede oor die fonds.