eNuus gesels met ’n strafregkenner oor oudpres. Zuma se vrylating uit tronk

Opposisiepartye en burgerlike instellings het aangedui hulle is reeds in gesprek met hulle onderskeie regspanne in verband met oudpresident Jacob Zuma se kwytskelding.

Zuma was skaars ’n uur in die tronk voor hy weer vrygelaat is.

Sy tronkstraf is destyds opgelê weens sy weiering om voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping te getuig.

Zuma is in September 2021 op mediese parool vrygelaat, maar die Konstitusionele Hof het ‘n maand gelede bevind dié kwytskelding is ongrondwetlik en dat hy wel die res van sy vonnis moet uitdien.

Dié vonnis was egter van korte duur.

Ons het met die strafregkenner Llewelyn Curlewis oor die afgelope paar dae se gebeure rondom Zuma gesels.

You May Also Like