2023 is 'n jaar wat Suid-Afrikaners om verskeie redes sal onthou.
Maar as daar een sportgebeurtenis is wat bo die res uitstaan, was dit toe die Springbokke hulle Wêreldbekertitel suksesvol in Frankryk verdedig het.
Siya Kolisi en sy spanmaats het vir die tweede agtereenvolgende keer vonkelwyn uit die Webb Ellis-trofee gedrink.
Suid-Afrika het sodoende die titel vir 'n rekord vierde keer ingepalm.