eNuus gesels regstreeks met Flip Buys, die voorsitter van die Solidariteit-Beweging, in Washington.

Die Solidariteit-beweging se besoek aan die VSA, waartydens hulle onder meer met amptenare van pres. Donald Trump se regering vergader het, het die tonge behoorlik los gehad hier in Suid-Afrika.

Foto's van die glimlaggende ringkoppe van die beweging voor die Withuis en Kongresgebou, het uiteenlopende reaksie ontlok.

Die besoek volg op Trump se uitvoerende bevel wat Suid-Afrika straf met 'n algehele terugtrek van befondsing vir veral die Pepfar-MIV-Vigs-programme.

Maar dis veral die aanbod van vlugteling-status aan Afrikaners, wat vir talle te dik vir 'n daalder was.

You May Also Like