eNuus praat met jongmense oor die verkiesing

WESTBURY, GAUTENG – 18- tot 34-jariges maak bykans 'n derde van Suid-Afrika se bevolking uit. 

Tog is net sowat 5 miljoen mense jonger as 30 geregistreer om in vanjaar se verkiesing te stem. 

Boonop daag baie geregistreerde kiesers dikwels nie by die stembus op nie.

Jongmense by die Westbury-jeugsentrum in Johannesburg het aan eNuus gesê 'n gebrek aan opvoeding én inligting oor die kiesstelsel moet deels die skuld hiervoor kry.

You May Also Like