Die Solidariteit-beweging het Sondagaand met eNuus gesels oor hul besoek aan die VSA, waartydens hulle onder meer met amptenare van die Amerikaanse president, Donald Trump, se regering vergader het.
Volgens die Solidariteit-beweging het die gesprekke gehandel oor onder meer die Onteieningswet en Suid-Afrika se deelname aan Agoa.
Sommige politieke partye en kenners veroordeel egter die drukgroep se besoek aan die VSA.
Die uitvoerende hoof van die FW de Klerk-stigting, Christo van der Rheede, het regstreeks by ons aangesluit om hierdie sage verder te ontleed.