KAAPSTAD - Die van Els is welbekend in Suid-Afrikaanse sportkringe en daar is deesdae nog 'n toevoeging tot dié sportfamilie.
Samantha Els, die dogter van die gholflegende Ernie, wil eendag 'n Springbok word.
Sy het onlangs begin rugby speel en is al na die Springbok-vroue se oefenkamp genooi.
eNuus se Justin Ford het met haar gesels.