Die leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, is vanaf Kaapstad na Durban vervoer om dáár in die hof te verskyn. Hy staan tereg op aanklagte van bedrog en dwarsboming van die gereg. Die saak hou verband met bewerings dat Adams met ondersoeke na die moord op die oorlede ANC-jeugligaleier, Sindiso Magaqa, ingemeng het.