FAK vereer sopraanlegende op gepaste wyse

Die legendariese Suid-Afrikaanse sopraan Barbara Veenemans is die tweede ontvanger van die FAK se S le Roux Marais-toekenning, wat by die Cantare Kinderkoorfees in Gauteng aan haar oorhandig is.

Die 86-jarige Veenemans het in haar loopbaan van meer as vyf dekades rolle vertolk in talle bekende operas, operettes en musiekblyspele. 

Sy het ook heelwat Afrikaanse musiekalbums opgeneem.

You May Also Like