DStv Channel 403 Tuesday, 23 April 2024

Familie begrawe 4 kinderslagoffers van Boksburgontploffing

“My kinders is op ’n beter plek.”

BOKSBURG, GAUTENG - Die volgende berig kan kykers ontstel.

’n Emosionele roudiens is by ’n kerk aan Gauteng se Oos-Rand gehou vir die vier jong sibbe wat gesterf het in die gastenkwa-ontploffing op Oukersdag 2022.

Vier van Rosetta Brits se kinders is in dié tragedie dood - die 16-jarige Jamel Eales, sowel as haar halfboeties: die 13-jarige Sebastian, 12-jarige Adrian en die 9-jarige Gerrie.

Paid Content