HANKEY - Die Kramer-familie van Hankey in die Oos-Kaap sê hulle kan nie meer toekyk hoe geliefdes sterf sonder om die grond wat regmatig aan hulle behoort, te ontvang nie.
Die familie wag stééds vir duidelikheid van die regering oor wanneer die grondeis, wat hulle 27 jaar gelede ingedien het, verwerk sal word.