DStv Channel 403 Tuesday, 11 February 2025

Fochville-moordsaak: Kroegvrou getuig sy kon nie slagoffer se pols voel

FOCHVILLE - 'n Voormalige beskuldigde in die Fochville-kroegmoordsaak het Vrydag in die streekhof op die dorp getuig.

Cecilia Storbeck het as kroegvrou by The Boulevard gewerk toe Natasha Barnard in Maart 2022 ná 'n vermeende geveg by die kuierplek dood is.

Storbeck is aanvanklik saam met ses ander verdagtes in hegtenis geneem, maar is nou 'n staatsgetuie.

Die aanklagte teen vier ander mense is ook laat vaar.

Die kroegman Ruan Pretorius staan tans alleen tereg vir Barnard se moord.

You May Also Like