Gebaretaal binnekort amptelike taal

Suid-Afrika kry binnekort 'n twaalfde amptelike taal.

Die Parlement het Dinsdag 'n wysigingswetsontwerp aanvaar wat bepaal dat Suid-Afrikaanse gebaretaal die status van 'n amptelike taal gaan kry.

Die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad sê dié besluit baan die weg vir beter taalregte vir mense wat doof of hardhorend is.

Hulle sê dit sal ook groter bewusmaking skep dat Suid-Afrikaanse gebaretaal 'n inheemse taal is met sy eie unieke grammatika en woordeskat.

Die Nasionale Instituut vir Dowes het ook hul vreugde oor die besluit te kenne gegee.

You May Also Like