Geliefde "Giselle" lui Joburg Ballet se kwarteeuvieringe in

Dit is 'n groot jaar vir Joburg Ballet. Die Goudstad se balletgeselskap vier hulle 25-ste bestaansjaar met 'n opwindende program. Dit sluit onder meer die eerste koorballet in, wanneer hulle saam met 'n universiteitskoor sal optree. Die vieringe begin hierdie week met die uitvoering van die romantiese ballet Giselle, onder leiding van die gevierde choreograaf Angela Malan.

You May Also Like