Geliefde vleiswinkel in Pretoria-Wes steier: "Ná listeriose, Covid-19 en beurtkrag is treurige dienslewering dalk laaste strooi"

Hulle het die listeriose-uitbreking, die Covid-19-inperking en beurtkrag oorleef.

Maar nou sê 'n vleisverwerkingsaanleg in Pretoria-Wes die Tshwane-metroraad se gebrekkige dienslewering kan die laaste strooi wees wat die onderneming laat ondergaan. 

Theron's Vleis-produkte is reeds sedert 1983 die plek waar veral behoeftige inwoners hulle rande kan rek.

Maar met knaende elektrisiteits- en waterprobleme word dit al hoe moeiliker om die deure oop te hou.

You May Also Like