Belanghebbendes het nog 'n paar dae om kommentaar in te dien oor voorgestelde wysigings aan skole se Geskiedeniskurrikulum. Die konsepplan, wat op 20 Maart in die Staatskoerant gepubliseer is, het kritiek uit verskeie oorde ontlok.
Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum is bekommerd dat die voorgestelde kurrikulum nie 'n gebalanseerde weergawe van die geskiedenis bied nie, terwyl die FAK sê die wysigings sal Suid-Afrika se ryk geskiedenisverhaal verarm.
eNuus het met 'n historikus hieroor gesels.