Geweldsmisdaad in die Strand - "Ons lewens is in gevaar, ons kinders se lewens is in gevaar”

Inwoners van die Strand in die Wes-Kaap eis meer polisiesigbaarheid om die misdaadprobleem in hulle gemeenskap hok te slaan.

In die mees onlangse voorval is twee mense 11 dae gelede daar doodgeskiet nadat hulle geld by 'n kitsbank onttrek het.

Die gemeenskapspolisiëringsforum het 'n vergadering met die polisie aangevra om misdaadvoorkoming in die gebied te bespreek.

You May Also Like