Toe vloedwater in Januarie deur die Krugerwildtuin se Letaba-ruskamp gestroom het, was talle besoekers tereg bekommerd oor die gewilde Olifantsaal. Dié museum huisves onder meer die ivoortande van verskeie van die wildtuin se groottand-olifante.
eNuus se Eugenie Gregan het gaan kyk of die saal nog staan.