PRETORIA, GAUTENG - Jou herfsjare is dalk net die ideale tyd om te blom.
Vra maar net die goue oues wat onlangs as die wenners van Ons Tuis se eerste Woeker en Werk tuine-kompetisie gekroon is.
Die tuin-ghoeroe JJ van Rensburg het inwoners se tuinwerk beoordeel.
Met dié inisiatief wil die bestuur bejaardes aanmoedig om aktief én kreatief te raak.