Groot kommer ná massa-vergiftiging meer as 120 aasvoëls in Krugerwildtuin eis

Beeldmateriaal in die volgende berig kan kykers ontstel.

Meer as 120 aasvoëls is dood in een van die grootste massa-vergiftigingsvoorvalle wat al in die Krugerwildtuin gesien is.

Die voëls is aangetref ná 'n opsporingstelsel verdagte aktiwiteite in 'n afgeleë gebied opgetel het.

Onder die aasvoëls wat dood is, is 102 witrugaasvoëls, 20 kransaasvoëls en een swartaasvoël.

Volgens BirdLife South Africa is al dié aasvoëlspesies se bewaringstatus in Suid-Afrika kwesbaar of kritiek bedreig.

You May Also Like