DStv Channel 403 Tuesday, 17 September 2024

Groot skade deur vandale in Braamfontein-begraafplaas aangerig

JOHANNESBURG, 14 April - Die Johannesburg-metroraad se parke-afdeling sê hulle kan nie verantwoordelik gehou word vir skade aan grafte en gedenkstene nie.

Dit nadat duisende nisse die afgelope maand in die Braamfontein-begraafplaas gevandaliseer is.

Dit is die grootste skade wat nóg in 'n begraafplaas in die stad aangerig is.

Die groep Friends of Johannesburg Cemeteries sê daar is 'n reuse-sekuriteitsprobleem en dat die omheining nie voldoende is nie.

Hulle word nou oorval deur mense wat bekommerd is of hul geliefdes se oorskot veilig bewaar word.

Paid Content