“Groot Vooruitsig” vir behoeftiges danksy veldtog

Die Groot Vooruitsig-oogkliniek beplan om dié diens uit te brei om selfs meer behoeftige pasiënte 'n nuwe uitkyk op die lewe te gee.

PRETORIA, GAUTENG - Danksy 'n nuwe veldtog deur die Triomf-kliniek in Pretoria gaan beter sig nou talle behoeftiges beskore wees.

Dié kliniek van die Atterbury Trust werk al byna 'n dekade saam met liefdadigheidsorganisasies om kwesbare mense met mediese sorg by te staan.

Maar hul oogkliniek het vir die eerste keer hul deure ook vir buitepasiënte oopgemaak.

Met die Groot Vooruitsig-veldtog gaan dié pasiënte se bydraes gebruik word om behoeftige mense met oogsorg te help.

Paid Content