Haiku kom huis toe

PRETORIA, GAUTENG - Die 11-jarige Haiku is met haar eienaar, die afgetrede veearts Selma van Schouwenburg, herenig.

Haiku is onlangs saam met die 90-jarige Van Schouwenburg se motor by 'n winkelsentrum in Die Wilgers gesteel.

Die motor is teruggevind, maar Haiku was skoonveld.

Die gemeenskap het hande gevat en haar opgespoor.

Eugenie Gregan was by die blye wedersiens.

You May Also Like