Daar word oor en weer vinger gewys oor wie verantwoordelik is vir die Hammanskraal-krisis.
Die DA en ANC blameer mekaar, terwyl die departement van water en sanitasie die skuld op die munisipaliteit pak.
Daar is aangekondig 'n groep prokureurs gaan 'n klas-aksie teen die Tshwane-metro en die Gautengse gesondheidsdepartement instel.