Heidi, haar hond en haar Harley durf die stryd teen lewerkanker op die langpad aan

Heidi van der Merwe het haar lewerkankerdiagnose met meer as twee dekades oorleef.

Nou wil sy wil haar storie van hoop met die res van Afrika deel in 'n reis van moed, deursettingsvermoë en geloof.

Die 51-jarige ma van Hermanus in die Wes-Kaap gaan haar Harley Davidson laat brul om bewustheid te skep oor die siekte wat haar nie kon onderkry nie.

En haar hond, Harley, gaan saam.

Die rit val saam met Lewerkankerbewusmakingsmaand in Oktober.

You May Also Like