DStv Channel 403 Wednesday, 24 April 2024

Helpie slaag matriek ná driedubbele tragedie

Alex Nortjé: "God se hand is oral"

JOHANNESBURG, GAUTENG - Tussen die Helpies wat feesgevier het, was daar een vir wie die dag ekstra spesiaal was.

Die 20-jarige Alex Nortjé het sy hele gesin tydens sy skooljare in drie afsonderlike selfdoodvoorvalle verloor.

Maar danksy harde werk en hope vasbyt en ondersteuning, spog hy nou ook met 'n matrieksertifikaat en universiteitstoelating.

Nou hoop hy dat sy storie ander sal inspireer.

Paid Content