FRANSCHHOEK - Die gewilde Wes-Kaapse toeristebestemming, Franschhoek, is een van die plekke wat erg deurgeloop het onder die onlangse storms en oorstromings.
Groot skade is aan infrastruktuur aangerig, wat veroorsaak het dat die water- en kragtoevoer onderbreek is.
Franschhoek val onder die Stellenbosch-munisipaliteit.