'n Inwoner van Soweto takel Suid-Afrika se geletterdheidskrisis een boek op 'n slag.
Thami Mazibuko is in die destydse geweldgeteisterde woonbuurt Zondi gebore en het later na die Johannesburgse middestad verhuis.
Daar het hy die een boek na die ander verslind en besluit dat nog boekwurms in Soweto gekweek moet word.
In die afgelope dekade het skenkings van duisende boeke sy droom moontlik gemaak.