JOHANNESBURG - Desember is gewoonlik die ideale tyd vir uiteet en ontspan, maar beurtkrag dreig om vakansiegangers en sake-eienaars se planne in die wiele te ry.
Restaurante en vermaaklikheidsplekke sê die gespartel om kop bo water te hou, raak onuithoudbaar.
Ondernemings moes Woensdag inderhaas planne beraam toe beurtkrag binne 'n paar ure met vier fases verhoog is.