JOHANNESBURG - 'n Pediatriese chirurg van Gauteng is Dinsdag vrygespreek vir die dood van drie kinders.
Die Hooggeregshof in Johannesburg het professor Peter Beale onskuldig bevind op aanklagte van moord, strafbare manslag en bedrog.
Die saak teen die 77-jarige het gevolg ná drie kinders tussen 2012 en 2019 dood is nadat hulle deur Beale geopereer is.
Die staat het aangevoer dié operasies was onnodig en dat Beale deur finansiële gewin gemotiveer is.
Die hof sê egter die staat kon dit nie bewys nie.