DStv Channel 403 Monday, 09 December 2024

Hofsaak oor agterstand met kankerbehandeling

Hofsaak oor agterstand met kankerbehandeling

Kankerpasiënte in Gauteng sê die provinsiale gesondheidsdepartement laat hulle in die steek.

Die Hooggeregshof in Johannesburg het gehoor die departement het glo miljoene rand wanbestee wat vir bestralingsterapie geoormerk is.

Section27 het die hof namens die KankeralIiansie genader oor R784-miljoen wat hiervoor toegewys is, maar volgens hulle nie aangewend is nie.

Die departement sê egter die fondse is vir beplanningsdoeleindes gebruik, soos om toerusting aan te koop en 'n tender vir die dienste te bekom.

Paid Content