BENONI - 'n Hospitaal in Benoni in Gauteng gaan moontlik teen einde April moet sluit omdat die Padongelukkefonds nie hul rekeninge betaal nie.
Die Sunshine-hospitaal behandel slagoffers van padongelukke wat nie aan 'n mediese fonds behoort nie of nie by oorvol staatshospitale gehelp kan word nie.
Die Hooggeregshof het die Padongelukkefonds verlede jaar beveel om R301-miljoen, wat toe agterstallig was, aan die hospitaal te betaal.
Die fonds se aansoek om appél is onlangs deur die Konstitusionele Hof geweier.
Die hospitaal het Woensdag 'n betaling van R90-miljoen ontvang, maar dit is nie genoeg om die deure oop te hou nie.