Die Suidoosterfees-program is saamgestel om diverse Afrikaanse stories te vier - ook dié van randfigure.
In "Huis van Sand" beeld Tinarie Bouwer, Kristen Raath, René Cloete en Jefferson J. Dirks-Korkee 'n vergete gemeenskap in die Noord-Kaap uit.
Die teks deur Dianne du Toit Albertze is met die Reinet Nagtegaal-prys bekroon, terwyl Cloete en Dirks-Korkee met Woord-trofees vereer is.
eNuus se Eugenie Gregan doen verslag.