“Huiskoper” wat Centurion-egpaar vermoor, verskyn in hof
Centurion, Gauteng - 'n 36-jarige man het in verband met 'n dubbele moord in Centurion in die Pretoria-landdroshof verskyn.
Raymond Smith word daarvan beskuldig dat hy 'n gesin in die woonbuurt Lyttleton Manor aangeval het.
Hy het glo voorgegee hy stel belang om hulle huis te koop.
'n Man en vrou is doodgesteek, terwyl 'n bejaarde egpaar en minderjarige seun beseer is.