Verteenwoordigers van sommige van Suid-Afrika se inheemse gemeenskappe, het die naweek in Kaapstad byeengekom, vir die Khoi en San Geïntegreerde Eenheids-raad se nasionale konferensie.
Die erkenning van inheemse leierskap en tradisionele regering-strukture, is een van die groot vrae wat aangeroer is.
Dit is ‘n geleentheid om dié groepe se kulturele erfenis te bewaar, en die stemme te versterk van die inheemse stamme, wie se tradisies, tale, en gebruike die land se identiteit help vorm het.