DStv Channel 403 Tuesday, 21 January 2025

Inwoners van Komani meen dienslewering het in duie gestort - “42 dae sonder krag”

Inwoners van Komani meen dienslewering het in duie gestort - “42 dae sonder krag”

Komani, Oos-Kaap - Talle inwoners van Komani in die Oos-Kaap, voorheen bekend as Queenstown, sê hulle is nou al weke lank sonder krag met geen einde in sig nie.

Inwoners met wie eNuus gepraat het, beweer die Enoch Mgijima-munisipaliteit het hulle klagtes vroeër geïgnoreer en dat hulle nou 'n katastrofe op hande het. 
Die munisipaliteit erken dat hul verouderde infrastruktuur dringend opknapping vereis, en die Oos-Kaapse premier Oscar Mabuyane sê 'n sogenaamde oorlogskamer is ingerig om die situasie te takel.

Paid Content